Viking 1

Viking 1

Viking 1 is die eerste van twee ruimtetuie (die ander ruimtetuig was Viking 2) wat na Mars gestuur is as deel van NASA se Viking-program.[1] Op 20 Julie 1976 het dit die tweede ruimtetuig geword om 'n sagtelanding op Mars uit te voer en die eerste om 'n sending suksesvol te voltooi. Die eerste ruimtetuig om suksesvol op Mars te land was die Sowjetunie se Mars 3 wat dit op 2 Desember 1971 vermag het, maar ongelukkig na slegs 14,5 sekondes kommunikasie met die aarde gestaak het. Viking I het die aanvanklike rekord daargestel vir die langste sending op die oppervlakte van Mars van 2307 aarddae. Die rekord is verbeter deur Opportunity op 19 Mei 2010.[2]

  1. Williams, David R. Dr. (18 Desember 2006). "Viking Mission to Mars". NASA. Besoek op 2 Februarie 2014.
  2. mars.nasa.gov. "Mars Exploration Rover". mars.nasa.gov.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search